Ek het 'n nuwe liefde vir familie fotografie ontdek!

Ek was so excited toe Berna my vra om hulle familie te kom afneem.

Dis nogals hectic om so groot 'extended' familie af te neem, mens hardloop op en af en agter kindertjies aan, maar dis baie lekker en ek is mal daaroor om die interaksie op 'n natuurlike en gemaklike manier vas te vang.

Niggies, neefies, boeties, sussies, oumas, almal! 

Hulle het my so tuis laat voel, toe ek weer sien staan ek met 'n glas wyn in my hand. 

My tiepe mense<3 Ek wou sommer net daar op die bank bly le en saam kuier die res van die dag.

Baie dankie dat julle my so welkom laat voel het en my 'n 'glipse' gegee het in julle wereld in.

Comment