So daar sit Nicole op die bus, oppad terug Kaap toe en dink terug aan gister aand se oproep..."Moenie terug gaan Kaap toe nie" het Gerrit haar gevra, na die braai waar hulle vriendskap iets meer geword het. Nou is haar hart in twee geskeur...sy verlang vreeslik na haar familie en wil terug gaan huistoe, maar na gisteraand se braai...sy wil ook bly.  In die kombuis van Coco C in Bloemfontein, waar hulle altwee chefs was, het Nicole en Gerrit se verhouding begin as net 'n baie gooie vriendskap.

Sy sit nog so en droom en eweskielik hoor sy 'n stem. Sy kyk op, en voor al die mense op die die bus vra Gerrit in geen onduidelikheid vir haar om sy meisie te wees..."officially".

Liefde en Water.

Toe Nicole terug kom Bloem toe het haar en Gerrit se liefde geblom, en hulle trek toe saam terug Kaap toe, met geen werk. Maar soos sy en Gerrit altyd vir mekaar se: Liefde & water my skat, Liefde en water. 

Hulle troue was by Towerbosch, die natuur hulle decor, en net 'n handtjie vol spesiaale mense hul gaste.

Comment